Cups ChallengeR15 000 op die spel

Maak ’n verskil

Help ons om vir Mikayla te wys: ‘Ek sien jou.’

Mikayla is ses jaar oud en leef met Aicardi-sindroom, ’n seldsame genetiese toestand. Leer haar ken in Episode 1: Mikayla se storie.

Kamer van Hoop vir Mikayla

Bou saam aan Mikayla se Kamer van Hoop

Ons bou ’n veilige, toegeruste terapiekamer by Mikayla se huis, waar sy elke dag fisioterapie, arbeidsterapie en sensoriese stimulasie kan kry.

“Vir Mikayla is terapie nie ’n luukse nie – dit is noodsaaklik.”
Felécia

Doelwit

R120 000

Elke bydrae, groot of klein, bring die Kamer van Hoop ’n tree nader.