Cups ChallengeR15 000 op die spel

Die beweging

Die hart agter “Ek Sien Jou”

Die “Ek Sien Jou”-beweging het op ’n onverwagte oomblik begin.

Ek het by ’n skool waargeneem en vir ’n klas ingestaan terwyl die onderwyser afwesig was. Terwyl ek na die kinders gekyk het, het iets diep binne my verander. Dit was asof die Here my vir ’n oomblik deur Sy oë laat kyk het.

Ek het nie net ’n klas vol kinders gesien nie. Ek het individue gesien. Elkeen met sy eie storie, vrese, drome en verlange. Op daardie oomblik het ek besef dat daar een behoefte is wat ons almal deel: ons verlang daarna om raakgesien te word.

Maar toe het die Here my aan ’n nóg groter waarheid herinner.

Ons hoef nie te wag dat mense ons sien om waarde te hê nie, want God sien ons reeds.

Hy ken ons name. Hy ken ons harte. Hy ken ons verlede, ons seer, ons vreugdes en ons toekoms. Niks van ons lewe is vir Hom verborge nie.

Wanneer ons werklik begin leef vanuit die wete dat God ons sien, ken en liefhet, verander alles. Ons hoef nie meer ons waarde in ander se erkenning te soek nie, en ons hoef ook nie alleen te voel nie, want Hy is altyd by ons.

Ons glo dat elke mens met doel geskape is. Niemand is toevallig hier nie. God het elkeen uniek gevorm, met gawes, talente en ’n spesifieke roeping. Elke lewe dra betekenis. Elke verhaal het waarde.

Ek Sien Jou is daarom ’n beweging wat mense terugwys na hierdie waarheid: dat God hulle eerste raakgesien het. Vanuit daardie waarheid wil ons ook leer om mekaar met Sy oë te sien — met liefde, genade, deernis en hoop.

Want wanneer jy ontdek dat God jou sien, besef jy dat jy nooit alleen is nie.

“Jy is gekies. Jy is geliefd. Jy is doelbewus geskape. En jou lewe het betekenis.”

Ek sien jou = God sien jou

Stigter Felécia Pretorius het Ek Sien Jou gevestig as ’n beweging van hoop.

“Like, volg en subscribe”

asb ook my sosiale platvorms om op hoogte te bly van die reis.