Ek Sien Jou · Cups Challenge

Hoe om by die kompetisie in te skryf

Kan jy dit klop?

R15 000

is op die spel

Vir die wenner
R10 000
Vir die skool
R5 000

Elke inskrywer nomineer ’n skool — jou huidige skool, jou kind se skool, jou ou skool, of ’n skool wat jy net graag wil ondersteun. Wen jy, kry jou skool R5 000.

Sluit 31 Januarie 2027 · Wenner bekend 4 Februarie 2027

Kyk hoe

Die Cups Challenge in een minuut

Gryp jou cups, trek jou mense nader, sit “Ek Sien Jou” aan en klop jou eie ritme uit — en moenie vergeet om ’n skool te nomineer nie.

Kom deel in iets besonders.

Hoe speel ek?

Dit is maklik!

  1. 1

    Skryf in

    Registreer jou deelname hier. Ons het jou naam, ’n manier om jou te kontak en die skool wat jy nomineer nodig — gee ons ook jou sosiale media sodat ons jou video kan kry.

    Net sodat ons jou kan kontak as jy wen.

    As jy wen, kry hierdie skool R5 000. Enige skool — jou eie, jou kind s’n, jou ou skool, of een wat jy graag wil ondersteun.

    Jou sosiale media (opsioneel)
    Instagram
    TikTok
    Facebook
    YouTube
  2. 2

    Volg Felécia

    Volg Felécia Pretorius op haar sosiale media-platforms.

  3. 3

    Subscribe

    Subscribe op Felécia Pretorius se YouTube-kanaal.

  4. 4

    Luister

    Luister na “Ek Sien Jou”. Die liedjie moet vir die Cups Challenge gebruik word.

  5. 5

    Maak jou Cups Challenge

    Kry jou cups en jou mense, en maak jou eie kreatiewe Cups Challenge-video op “Ek Sien Jou”.

  6. 6

    Plaas jou video

    Plaas jou video op jou sosiale media-platform.

  7. 7

    Tag Felécia

    Tag Felécia Pretorius in jou plasing.

  8. 8

    Gebruik die hashtag

    Gebruik die hashtag in jou plasing:

    #EkSienJouCupsChallenge

  9. 9

    Nomineer ’n skool

    Die skool wat jy by stap 1 ingevul het, is jou nominasie. Noem dit gerus ook in jou plasing.

Jou beat. Jou styl. Jou challenge.

Jy hoef nie ’n professionele drummer te wees nie! Doen dit alleen, of saam met vriende, familie, jou klas, jou skool of kollegas.

Die lied is die hart van die challenge: jy moet “Ek Sien Jou” in jou video gebruik om deel te neem.

Reëls en regulasies

Amptelike kompetisiereëls

1Oor die kompetisie

Die Ek Sien Jou Cups Challenge is ’n sosiale media-kompetisie rondom Felécia Pretorius se liedjie “Ek Sien Jou”.

Die doel van die challenge is om mense bymekaar te bring, kreatiwiteit aan te moedig en die boodskap van Ek Sien Jou van persoon tot persoon te versprei.

Die hart van die boodskap is: “Kyk met jou hart en nie met jou oë nie.”

2Wie kan deelneem?

Enige persoon kan deelneem.

Daar is geen minimum of maksimum aantal mense wat aan ’n Cups Challenge-video moet deelneem nie. Jy kan dus:

  • alleen deelneem;
  • saam met jou vriende;
  • saam met jou familie;
  • saam met jou klas;
  • saam met jou skool;
  • saam met kollegas; of
  • saam met enige groep mense.

Jou kreatiwiteit is jou enigste beperking!

3Hoe om deel te neem

Om geldig deel te neem:

  • Skryf in — gaan na www.eksienjou.co.za en klik op “Kompetisie / Skryf In”. Voltooi jou registrasie en aanvaar die kompetisiereëls.
  • Volg Felécia — volg Felécia Pretorius op haar sosiale media-platforms.
  • Subscribe — subscribe op Felécia Pretorius se YouTube-kanaal.
  • Luister — luister na Felécia Pretorius se liedjie “Ek Sien Jou”. Die liedjie moet vir die Cups Challenge gebruik word.
  • Maak jou Cups Challenge — maak jou eie kreatiewe Cups Challenge-video op “Ek Sien Jou”. Jy hoef glad nie ’n professionele drummer te wees nie. Jou beat. Jou styl. Jou challenge.
  • Plaas jou video — plaas jou video op jou sosiale media-platform.
  • Tag Felécia — tag Felécia Pretorius in jou plasing.
  • Gebruik die hashtag — gebruik #EkSienJouCupsChallenge.
  • Nomineer ’n skool — nomineer enige skool wat jy graag wil ondersteun. Dit kan jou eie skool, jou kind se skool, ’n voormalige skool of enige ander skool wees.
4Die prys

Daar is ’n totale prys van R15 000.

  • Wenner: R10 000
  • Genomineerde skool: R5 000

Die R5 000 gaan aan die skool wat deur die wenner genomineer is.

5Kompetisie-datums
  • Kompetisie sluit: 31 Januarie 2027
  • Wenner word bekend gemaak: 4 Februarie 2027

Enige inskrywing wat ná die sluitingsdatum ontvang word, sal nie vir die kompetisie kwalifiseer nie.

6Geldige inskrywings

Om vir die kompetisie te kwalifiseer, moet die deelnemer:

  • aanlyn registreer;
  • die kompetisiereëls aanvaar;
  • Felécia Pretorius se sosiale media volg;
  • op YouTube subscribe;
  • na “Ek Sien Jou” luister;
  • ’n Cups Challenge-video maak;
  • die video op sosiale media plaas;
  • Felécia Pretorius tag;
  • #EkSienJouCupsChallenge gebruik;
  • ’n skool nomineer;
  • voor 31 Januarie 2027 deelneem.

Onvolledige inskrywings kan ongeldig verklaar word.

7Kreatiwiteit

Deelnemers word aangemoedig om hul eie styl en kreatiwiteit te gebruik.

Die video hoef nie professioneel vervaardig te wees nie.

Jy kan dit snaaks, energiek, eenvoudig, kreatief of uniek maak.

Die doel is om jou eie Ek Sien Jou Cups Challenge te skep.

8Die skool-nominasie

Die deelnemer kan enige skool nomineer.

Die skool wat die uiteindelike wenner genomineer het, kwalifiseer vir die R5 000 skoolprys.

Die deelnemer moet seker maak dat die skool se besonderhede korrek verskaf word.

9Keuse van die wenner

Die wenner sal deur die aangewese kompetisie-beoordelingsproses gekies word.

Die beoordeling kan onder andere rekening hou met:

  • Kreatiwiteit
  • Oorspronklikheid
  • Die Cups Challenge
  • Gebruik van die liedjie “Ek Sien Jou”
  • Algemene uitvoering van die video
  • Hoe die video die Ek Sien Jou-boodskap uitbeeld

Die finale besluit van die beoordelingspaneel sal finaal wees.

10Inhoud van video’s

Alle video’s moet toepaslik wees en mag nie:

  • onwettige aktiwiteite bevorder nie;
  • aanstootlike of diskriminerende inhoud bevat nie;
  • gevaarlike gedrag aanmoedig nie;
  • ander mense se privaatheid onregmatig skend nie; of
  • materiaal bevat waarop die deelnemer nie die nodige gebruiksregte het nie.

Deelnemers is verantwoordelik vir die inhoud wat hulle indien.

11Toestemming vir deelname

Deur ’n inskrywing te voltooi, bevestig die deelnemer dat die inligting wat verskaf is korrek is en dat hulle die kompetisiereëls aanvaar.

Indien minderjariges in ’n video verskyn, moet die nodige toestemming van ’n ouer of wettige voog verkry word.

12Sosiale media en gebruik van inskrywings

Deur deel te neem, gee die deelnemer toestemming dat die ingediende Cups Challenge-video op die deelnemer se openbare sosiale media-plasing deur die Ek Sien Jou / Felécia Pretorius-projek gesien en, waar toepaslik, vir promosiedoeleindes gedeel of herplaas kan word.

Die deelnemer behou verantwoordelikheid vir enige derdeparty-inhoud wat in die video gebruik word.

13Diskwalifikasie

’n Inskrywing kan gediskwalifiseer word indien:

  • die deelnemer vals inligting verskaf;
  • die vereiste stappe nie voltooi is nie;
  • die video nie aan die challenge se vereistes voldoen nie;
  • die inskrywing ná die sluitingsdatum ingedien word;
  • daar sprake is van bedrog of manipulering van die kompetisie;
  • die video onvanpaste inhoud bevat; of
  • die deelnemer nie aan hierdie bepalings voldoen nie.
14Kontak met die wenner

Die wenner sal gekontak word met behulp van die kontakbesonderhede wat tydens registrasie verskaf is.

Die wenner moet binne die tydperk wat deur die organiseerder bepaal word reageer en die nodige inligting verskaf om die prys te ontvang.

Indien die wenner nie betyds reageer nie, kan die organiseerder ’n alternatiewe wenner kies.

15Belangrike boodskap

Die Ek Sien Jou Cups Challenge gaan oor veel meer as net ’n kompetisie.

Dit gaan daaroor om mense bymekaar te bring. Om saam te lag. Om saam te speel. Om kreatief te wees. Om ’n verskil te maak. En om mekaar werklik raak te sien.

Kyk met jou hart en nie met jou oë nie.

  • Kry jou cups.
  • Kry jou mense.
  • Sit “Ek Sien Jou” aan.
  • Maak jou video.
  • Nomineer ’n skool.
  • En help ons om die boodskap verder te versprei.

Kom deel in iets besonders. Ek sien jou.